| My oupa raak te oud vir al sy kwale,
|
| En hy raak ook soms beneuk, maar daars 'n goeie man,
|
| En hy nader 86,
|
| En deur die lyne van sy oë,
|
| Deur die oorloë van verandering,
|
| Kan jy sien hy’s nou gedaan,
|
| En sy oë word gou weer lig,
|
| En ek sien daar kom 'n storie,
|
| Van die jare toe ons mense vir beskerming gepleit het,
|
| Was 'n broederbond gebore,
|
| En hy sien my oë frons,
|
| Maar die vuur van al die jare,
|
| Loop steeds nog deur sy are.
|
| En so waai die wind, my kind,
|
| En so waai die wind, ons blind,
|
| En so waai die wind, my kind, Mos alles weg,
|
| Maar dis diep in jou gebore,
|
| Dat niks is ooit verlore.
|
| En hy vra my deur die stories van hoe gaan dit nog op Maties,
|
| En of ons nog ons taal praat want hy weet dis uit ons boeke,
|
| En hy wens vir my 'n vrou toe,
|
| Wat die haat 'n bietjie stil kan maak,
|
| Want dit loop mos deur ons are,
|
| Word net sterker deur die jare,
|
| En so waai die wind, my kind,
|
| En so waai die wind, ons blind,
|
| En so waai die wind, my kind, Mos alles weg,
|
| Maar dis diep in jou gebore,
|
| Dat niks is ooit verlore
|
| En hy hoef dit nie te sê,
|
| Want dis in sy oë,
|
| 'n Trots wat my laat skaam voel 'n trots van bo,
|
| En so waai die wind, my kind,
|
| En so waai die wind, ons blind,
|
| En so waai die wind, my kind, Mos alles weg,
|
| Maar dis diep in jou gebore,
|
| Dat niks is ooit verlore
|
| Ja, dis diep in jou gebore,
|
| Dat niks is ooit verlore. |